Dieper as diep die liefde
die verstaan van liefde
besef mense werklik
wat is dieper as diep
ek kan dit self nie beskryf
maar wat ek beleef daarin
verstaan niemand behalwe Jesus
binne in my broei dit ongelooflik
liefde wat straal soos sonstrale
al skyn dit nie eens meer
ek glo in liefde al is ek alleen
liefde is soos om in God te glo
selfs as Hy stil en onsigbaar is
soos n druppel water drup
sonder einde aanrol
tussen klowe en berge
waar geen klip jou kan keer
vind jy liefde onverskillig
oneindig dieper as diep
die verstaan van dit by mense
bitter min deel daaraan
weet ek as jy deel word daarvan
kan geen niemand dit ooit breek
vind jy rus in jou vyand groot
slaap jy rustig sorgeloos en vry
liefde wat jy koester
want jou Meester was daar
al word dit gebreek deur mond
is dit vasgemessel in jou hart
kan geen ketting dit vasbind
terwyl trane vrylik vloei
Dieper as diep
waar geen roes hom vind
blom in kleur
onvoorsiens broei
terwyl sonstrale
voeding sprei
soos ‘n druppel water wat drup
nimmereindig vloei soos ‘n stroom
waar geen einde dit kan keer
word liefde dieper as diep
waar dit groei onder die son
gevoed word met die beste
maar breek daardie liefde
ongevraag en plotselend
kan niemand die pyn verstaan
wat daardie koesterende liefde
beleef gebaseer op vertroue
ongewens en ongevraag
7 Sept 2019
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.