swaaie
in my klein tyd
het ons dikwels geswaai
sulke lang toue aan ‘n boomtak
met ‘n ou motorband om op te sit
dan het die boeties vir sussie
baie hoog geswaai totdat
ma of pa kom red het
vandag is daar
ook nog baie hoë swaaie
wat sommer groot swaartekrag
van mens verg om bo te bly
soms word dit te erg
dat jy wil flou word
soms word jy flou
swaartekrag in my lewe
was geanker in die Bybelse Woord
daarsonder sou ek lankal heeltemal
flou geword het en permanent
in negatiewe atmosfeer
sonder anker gebly
en geswerf het
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.