Jongste aktiwiteit:

teenwoordig

 

 

meld aan: sê hy

die korporaal me die houding

een na die ander kom die name

stakato-stemme asof hul seker wil maak

dat almal hul stemme kan hoor

 

in stemme van ons verlede

hoor ek soms nog daardie geluide

wat my identifiseer het as een van groep

wie en wat en hoe ek gelyk het, maak nie saak

dit was primêr belangrik om een te wees

 

eers later is die ambisie gebore

om uit te staan as iemand, enkeling

een van my soort – gemaak uit die smeltkroes

van my nederige, kaalvoet, skraal verlede

uit te styg bo wat ek was om nuut te wees

 

vandag het die drang en dryf van ambisie

my liggaam en gees verlaat vir ‘n “kom-wat-wil”

‘n houding gebore uit die ouderdomsbesef

beperkinge wat outomaties intree

wat opvrommel en datteer

 

jy, ou man, ou vrou!

hoe jy lyk, maak nie van jou iets nie

wat uit jou verwronge spieëlbeeld van weleer

uitstraal, met soete klanke van lank gelede

dit is wat jou formuleer en verbeeld

 

al die ou fotos waarin jy blinkend gedy

vertel niks van die hartseer en stres wat jy moes ly

om te kom by vandag se groot wenpaalprys

wat slegs enkeles jou kan nadoen

in jou ouderdomsjare

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed