Kuns Plaas Koop
die grond lê braak jare al skilder die natuur sy eie prent op die vaal doek. ko-op vra geld sê jy is seker mal geslagte het geleer verf vat nie op ń nuwe doek. slawe arbeid kuns en plaas koop altwee verwoes die doek.
‘n tangodroom van Turkye(silwer)
darteldroom my losboswuif dans-dans my woordelyf my voete tango-jango in Turkye in ligbelampde tye soos ‘n noot die pad beduie en akkoorde my laat kantel hou ek ophou wandel, want my hart is ‘n draaikolk my hart is ‘n skemerskelk verlief op ‘n, verlief op ‘n… nes ‘n blom kan hy verwelk psigedelies kwinkeleer- in […]
Voor nege(silwer)
Voor nege lê die waak soos opgerolde drome lukraak uit ‘n roekelose slaap; hulle wou iets sê, kon iets sê- of siteer, met ‘n oorvloed beelde vir mondwording; geweldadig, baldadig, aapagtig onverwagtend- harlekyn, harlekyn die soete wyn van ‘n smaakvolle roman of ‘n mondvol vye; waarvan die miere nesskop in jou gedagtes en in oorvloed […]
Ars Poetica(silwer)
Is ‘n tronk ‘n tronk? stil terstond, in my kies, my mond- ‘n blom die grond ‘n kneukelhou ‘n uitklop klerts van die tongrol jol en met liefde koeterwaals in boksgeveg of in ballingskap na iewers vêr-vêr weg nes ‘n ouhond sy kneusplek lek, in heilige verbond ‘n digterstronk bly ek die slaaf van jou […]
Die Skildery
Die wals is bittersoet soos klawer note wat hang tussen donkerwit verwisselling om die ballingskap te verbreek van drogbeelde wat effelings mor- ‘n Gevangene ontsnap in refrein: ‘’dis jou dissipel wat roep” Eikehoutblare dans veerlig saam die ritselende wind bruingeel, skakeer hulleself oor die groendou gras- Met ‘n naak-wit-vel is jou gif, die swartbloed wat […]
Terapeuties
Die voël is my boom op ñ palmtak fladderstrooi haar vere rond en met gesmoorde toon (tjirp-tjirp) gee my kittelorige hart tintelinge van blydskap later kom pronk sy haar rooibors op my perskepitvloer sy flap haar vlerke teatraal en sing note in gekuiste taal skielik kom sit sy op my berghoë hare en soos ek […]
Wegkruip
die laaste rak in dolle winkel geskarrel ń wegkruip plek agter boeke. ń dowwe gemoed vind sagte krag in stories by die boeke plek. die dampkring van muf wat in my neus ń tuiste vind vul my. wysheid oor jare verwoord staan hier vasgevang in rakke met die reuk van papier. in rooibruin leer gebind […]
Die Swaan
Daar iewers het ek my Rembrandt vergeet sy bloed pers nog druppel-drip uit my hart, en ‘n akrielreuk wat my verlange verhard- daar iewers het ek my Dali vergeet oor ‘n geruite vloer, tamboer dit my, wyl ‘n pappegaaibek kwas snik-snik demp- daar iewers het ek my Monet vergeet in ‘n reën-nat papawer tuin tussen […]
Straat Musikant
groot vervoer brul verby die gekor van karre met duur bril tannies wat vir parkering shop. geel baaitjie wagte hoor straatbos musiek voor rykgat winkels langs huur direkteur kantore. hy speel sy fluit van chinese kwaliteit voor ń afwesige gehoor vir my siel.