Ars Poetica(silwer)
Is ‘n tronk ‘n tronk?
stil terstond, in my kies, my mond-
‘n blom die grond
‘n kneukelhou ‘n uitklop klerts
van die tongrol jol
en met liefde koeterwaals in boksgeveg
of in ballingskap na iewers vêr-vêr weg
nes ‘n ouhond sy kneusplek lek,
in heilige verbond ‘n digterstronk
bly ek die slaaf
van jou woorde wat my vel deurskaaf,
die bloed, jou swartgif wat in my drif-
spalk my lippe toe
vir die kreet wat uit my balk:
“Ars Poetica, Ars Poetica!”(en dalk wil ek jou met ‘n brandrissie terg)
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek