roeringe
ou grysaard
sit en roer haar pap
stoom staan op uit die pot
haar growwe hande skep
vryf die pap tot baie fyn
gesag onmiskenbaar
matriargale stelsel
werk goed
ou grysaard
sit weg gegooi
onder sink afdak
kookskerm vir ‘n dak
op vuil goiingsakke slaap sy
oor die rand borrel die rook uit
waar die jeug bande verbrand
hul misnoeë uit te brand
tussen wit huisies
brom groepe wit stemme
gatvol, keelvol vir die geweld
nader kom die rare dag van vuur
vuur wat alles sal smelt of suiwer
wat alles sal afbreek en oorbou
met baie slakke wat verdik
en harde kors vorm
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.