
fragment
wind suis deur plate
van die sink pandok
langs geel koring land
waar plaas heining loop
daar in dorre sand aarde
speel kinders geel en donker
op en af hol hul in smal strate
wat bak onder winter sonstrale
spat daar vonke uit buise van gereg
laat klein weeskind seuntjie in koma
rook tuimel uit swart buitebande
wat moedelose plakkelinge stel
wat gemoedere moet uitbeeld
oor onreg, onnodige geweld
sommer net alles wat kook
wat monde skeef vertrek
oë laat rek in gillende
dansende gesprek
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek