verworwe goed of kwaad
met een skreeu het hy die wêreld ingekom
deur water en bloed was sy reis so kordaat
almal het ver gereis en hulle staan verstom
met net een knal het hy die wêreld verlaat
elke aardse dag word miljoene babas gebore
elkeen meer mooi vir hul ouers as enige ander
geen kleur of ras maak die verskil voor gehore
maar tog vervorm die mens in elkeen verander
Skepper laat reën oor die onkruid en die koring
onvoorwaardelike liefde is byna onverkrygbaar
andersheid in die skepping bly vir baie ‘n doring
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.