Op ‘n parkbankie deur Lynelle Clark
Nie alles in die lewe het ‘n storie nie. Nie die teesakkie wat jy uitvis uit ‘n skoenboks of vergete, duidelik gebruikte sleutel nie. Haarknippe, sommige gevlek deur tyd, ou armbande: nou verrek en oudmodies. Lappies wat duidelik al lankal in die snippermandjie moes afgetree het, verskuil tussen ou handdoeke. Alles vind ‘n plek, sommige […]
alkoholis
vandag drink jy weer uit vergetelheid se kuip goue nektar wat Bacchus oor jou swaar tong bedruip om verlammend deur jou bewussyn te kruip die lus oorskry lankal die wil die wete van realiteit wat wik en weeg tussen kwaliteit versus kwantiteit ‘n wen-wen situasie verander in ‘n verloor-verloor stryd waar ‘n wil is is […]
Straatligkinders
Hoe in die nou die lewe ontvou in die kou(e) droeftig berou o’ dorslustige gebolde hand tik-tik met gewapende oë woede wat bebloed staan en spoeg en die smart wat klou aan sy vader se vergruisde hart skop,skree vervloek die… land tergeefs,vergeefs van vader se gebloeide haat te vergeet kyk,u nie ‘n geldtjie vir die […]
Winterlittekens
as engele die oranje blare skommel staan die littekens bar en leeg sonder lewe – sonder vrees in die winter se oggendlied wat kraak in gelid die droefheid van wraak wat nes onder die kou’ wintergesange falsetto deur die ysige lug wat kristalspore laat onder kleurvolle einders wat dans in die lig op woorde wat […]
Opelug
“Dit is nie wat ek bedoel het met ‘onsigbaar’ nie,” sis Malachi. Die skare versamel om hulle en vul die amfiteater. “Ontspan, niemand kyk na jou nie,” sê Beau, leunend teen ‘n boom. “Hoekom sou hulle? Ek is korsmos!” “En?” “Ek het jou gevra om my onsigbaar te maak, nie onaangenaam nie!” Beau lag. ‘n […]
Poetsbakker
“O, almal het gedink jy’s mal,” sê die groen-gevlekte wimple-feetjie en grinnik van oor-tot-oor. “Ek bedoel, wie sou gedink het dat ‘n ridder so ‘n wonderlike sangstem sou hê?” Die dawering in Dylan se ore verdrink die musiek, die lag van die partytjiegangers en als anders behalwe Michael se gesig. Hy wou sy swaard trek […]
My Mei
toe wingerdstok so roesrooiblaar, toe klipkranse ’n volmaan baar, toe heel die lug skarlakenvuur in lofsang aan die skemeruur het herfs se wind, so allerstil haar asem oor my wang gewil; toe effe koud haar gang gegaan my (eenling) langs ’n berg laat staan © Carma Shaw 19 Mei 2019 13:49
Resensie: DIE LAASTE VOETGANGER, die film
RESENSIE: Die laaste Voetganger [Hersiene, verbeterde, GELDIGE uitgawe] Gottlieb Sänger is ‘n gemoedelike oujongkêrel van so veertig, vyftig. Hy werk as argivaris by ‘n tydskrif-redaksie. ‘n Rustige lewe midde-in die grootstad met al sy geraas en gedreun en anonimiteit. Probeer hy elkgeval. En hoe bly is so ‘n mens as die verloftyd aanbreek. Eindelik, eindelik […]
strand
‘n hoop sand begroei met fynbos skilpad se plek van rus fisante skrop daar sade uit meeue vlieg krassend daaroor daar langs ewige brom van golwe ‘n strand besaai met skulpe strandlopertjies se speelplek krappe spoel daar uit en verdroog meeue oes daar geil witmossel slakke daar waar die see gereeld wit some verf waar […]
My Vriend
Jou krag en moed is die vuur wat in my brand, as ek twyfel offer jy jouself en neem my hand, jou oë is die rigtingwyser wat my oplig as ek ly, dit gee my rede om te stry teen dit wat my verlei. Wanneer gevoelens my harts-balans versteur, jou lewenslustige wese my lewe wil […]