Straatligkinders
Hoe in die nou
die lewe ontvou
in die kou(e)
droeftig berou
o’ dorslustige
gebolde hand
tik-tik
met gewapende oë
woede
wat bebloed
staan
en spoeg
en die smart
wat klou
aan sy vader
se vergruisde hart
skop,skree
vervloek
die…
land
tergeefs,vergeefs
van vader
se gebloeide haat
te vergeet
kyk,u nie ‘n geldtjie
vir die pensie
tries en leeg
soos ‘n weerkaatsing
u kon selfs
hier…
wees.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Lede mag slegs 1 gedig per maand vir die slypskool inskryf. Hierdie is n puik stukkie digkuns