KATEGORIE: Driedeling – TAALkwessie
KATEGORIE: Driedeling – TAALkwessie In besondere kringe (ek hoop nie dis sonderbare kringe nie!) heers die mening dat ‘n eeu, ‘n jaarhonderd, driedelig is, dat die eerste derde so te sê ‘n aanvang of hernuwing daarstel, dat die tweede verwend word om die nuut-gewonne kennisse en erkentnisse te verwerk en begryp (konsolidering, in moderne taalgebruik), […]
Stilgeboorte
steenkool, olie, roet verswelg ryk aardse lewe – besoedelingsvrug © Carma Shaw 26 Maart 2017
Brandstigting
rook veblind die oog vlammende vure verwoes – môre brand tot as © Carma Shaw 25 Maart 2017
Op dowe ore
hoor, hoor! swaardswaaiers ons wêreld se kinders ween – bloed aan jul hande © Carma Shaw 25 Maart 2017
Die Here het geskommel, en die opvolg en gevolg daarvan…
“lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas ‘n sigaretjie en ‘n kannetjie Oem Tas en dis alright pêllie dis alright ons kannie worry nie ‘n sigaretjie en ‘n kannetjie Oem Tas en ‘n lekker meid en lekker anner dinge oe! lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas wat daarvan wat daarvan […]
Spookspore
Verlede spoke spore dans oor mens se reg in heiligste plek
Die luiperd by die lam
Die luiperd by die lam Volkerelande verander in vestings mense soos voëls ingehok vir behoud binne uitgestrekte voëlkou-grense maar vyande breek deur linies en verberg op lywe koeëls vermom en offer self as bomme vervul so hul ewigheidswense dan panieke geskarrel vir rammelende aanrollende tenk… Die kind se speelse kettie word in grootmenshande ‘n vuig […]
Renosterstropery (Haikoe)
Droë rivierloop skitter in die laatdagson Aasvoëls sirkel hoog
Kategorie: Gelaaide WOORDe
Kategorie: Gelaaide WOORDe Duits het ‘n woord verloor, ‘n afleiding van die grondwoord Volk: Die byvoeglike naamwoord völkisch. Ons woord is volks. So: „’n volkse eienskap”, iets wat met die volk te doen het. Die nasionaalsosialiste met hul koerant „Völkischer Beobachter “ (Volkse Waarnemer/Bespieder) het die begrippe Volk en völkisch tydens die derde ryk soseer […]
Rotse en Klippe
Rotse en Klippe In ons lewens is daar baie figuurlike klippe van groot betekenis: Hoe dikwels het ons vir iemand ‘n klip uit die pad gerol, hoe dikwels was die klipharde hart onvergewensgesind toe dit ‘n hand van vrienskap moes reik … Hoe dikwels word ‘n mens geteister deur klipharde kakofoniese musiek en geraas wat […]