Ma… lê ma effek (Haikoe)
Witstinkhoutbos brand Rooikappie-riel skop stof op Somerson skyn flou
Na Mara kom Elim
Voëls trek ongesteurd oor ons koppe, ons stap saam deur die groen velde waar ‘n voëlverskrikker alleen staan, terwyl hy stadig maar seker vergaan. Tussen die blomme geweef van geluk, en ‘n wind wat aan die hare heen pluk, waar horison vergeel en die nag vang, daar is jou glorie vir ewig vasgevang. Tesame sweef […]
Die Brug Van Sugte
Die Brug Van Sugte Dis droogte hongersnood inflasie en oorloë, té veel ellendes om op te noem, maar o, die sug, die ontboesemende sug, soms so onnodig pessimisties maar wat woordeloos tog so baie kan sê in pyn en moedelose bedrukte verdriet Luister na negatiewe toekomsvoorspelligs van duistere gevare wat wag en jy slaak ‘n […]
Stilswye, die mes . . .
. . . wat kele afsny ‘n Donker wolk kom aangerol, ‘n digte massa geheimvol; deur die geruislose geraas, kom dit, en die pas verhaas. In die nabye is daar ‘n poort, lig skyn daaruit, eie in soort; ‘n koue wasem kom saam, wat dood se foto omraam. Uit die storms van stille geraas, op […]
In Juffrou Viljoen se skoene
Juffrou Viljoen, sy woon in ‘n skoen, of mens kan dit seker ook ‘n eenslaapkamer plek in ‘n kompleksie noem. Darem gee sy vir hulle ‘n dak oor die kop, al skinder die bure so vreeslik oor die Viljoen kindertrop. Duidelik is daar geen meer pa in die prentjie. Waarskynlik ‘n lafhard of sommer ‘n […]
Seshonderd Rupees
Dalk ken jy niks beter nie glo dis hoe die lewe is weet nie van kind wees nie of dit wat jy daarvan mis… Te vroeg te vinnig van jou reg as kind ontneem jou menswees en kinderhart met armoede heen. Jou kinderlike onskuld is met jou weggedoen deur die krotbuurthonde wat hulself liefdevolle ouers […]
Die Minaret
Die Minaret Die minaret rank slank en pik ‘n net klein kus fyntjies na die sterretjies met ‘n spits tuit bekkie en skalkse kykie om bedags weer teen die blou lug streng en getrou as vingerwysing te dien vir gesiene en gering … Lank na hanekraai as daglig stadig lamppit opdraai deurklief vanuit die minaret […]
Wat gewees het
Dooie koeie se gebeendere sleep ons aldag saam terwyl ou versteende wrokke soos loodmantels om ons nekke hang Geraamtes in ons kaste wat spottend vir ons lag Monsters onder katels wat in die donker wag… Energie vampiere teer op ons gemoed Die helleveeg se glure wat verwyte na ons spoeg! Spoke uit die verlede gool […]
RESENSIE: In SOMER woon hy ONDER, die film
Resensie: In SOMER woon hy Onder ‘n Duitse bankiersfamilie het ‘n vakansiehuis naby die see in Suid-Frankreich. Hemel op aarde, sou mens sê. Ouboet, wat na Pa se dood in sy voetstappe loop, verbring reëlmatig twee weke van sy jaarlikse verlof hier. Kleinboet tel as dropout en woon oor die jaar hier, buiten die twee […]
Mossie maar man
Mossie maar man Ek lees die gedigtebydraes en en besef hoe wel ter tale meeste is – – – Hulle byvoeglike naamwoorde is so veelkleurig en pronk sierlik soos ‘n pou se pragtige oopgespreide stertvere en skielik voel ek so ‘n vaal ou voëltjie met my beskeie getjirp oorskadu deur hul welluidende woordklanke maar ek […]