Jongste aktiwiteit:

Wat gewees het

Dooie koeie se gebeendere
sleep ons aldag saam
terwyl ou versteende wrokke
soos loodmantels
om ons nekke hang

Geraamtes in ons kaste
wat spottend vir ons lag
Monsters onder katels
wat in die donker wag…

Energie vampiere
teer op ons gemoed
Die helleveeg se glure
wat verwyte na ons spoeg!

Spoke uit die verlede
gool om te ontsnap
‘wyl ons toe oë deur die hede
in die toekoms probeer krap.
.
Vir wat?
Hoekom?

Hê lief en lewe
in die hier en nou
môre is te laat!
Vergeet van gister se berou
Wat lankal t’rug gewees het
het mos sy sê gehad!




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed