Droogte
Droogte
Vannag gaan hy weer oor die dorre droogte
se skraps weiding wakkerlê en van die
hinderlike nagtelike fyn skwiek-skwiek
van die windpompwiel in die sterk wind – – –
Soggens gou eers kyk in watter rigting
die weerhaan windpompvlerk staan,
maar dis weer westewind wat waai
en seerste seer teleurstelling tref, maar
gewaar vir Katjie oorkant op die tuinmuur
laaglê en voetjie- vir- voetjie iets bekruip
dan skielik opspring as die jag verveel en
stap vetgevoer stert kwispelend kombuistoe – – –
Môre wys dit dalk reënwind noord, en
hy kyk vol verwagting verweg hoopvol na
die noorder horison en dink hou hart, hou
moed, net môre waai die reënwind dalk – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.