Wakker of in Droomland?
Wakker of in Droomland
Ek stap in ‘n kronkelende voetpaadjie
en wonder struikelend oor die ongelykte
is ek wakker of stap ek in droomland
so soek- soek al verder en verder want
iewers het ek die liefde verloor dis dalk
in die vleiland se wit leliekelke maar
vind niks en meander al verder voort
Sjlof-sjlaf deur modder en klei, klim
oor berge deur heide en proteas heen maar
dis spoorloos weg dan afdraande tot by die
see soek-soek kyk-kyk in elke pragtige skulp
waar sou ek dit verloor het en ewe skielik
hoor ek iemand vra my dringend waarheen
stap jy met my so ver in droomland ek is
al so moeg draai om, ek is Liefde, altyd
hier by jou, word wakker uit jou droom!
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.