In die pyn-see van slagting
Haar asem snak
deur haar moeӫ lyf
voor sy ploffend neerslaan
in haar vier spore dood
Geskend
Gemartel
Verneder
Onskuld verwronge
Kan daar ooit regverdiging wees
vir hom wat leeg is in die gees?
Hy wat alles kom verniel
is daar in hom ń reine siel?
Iewers in die bos
hardloop ‘n renoster wesie verskrik
hy ruik die dood
in sy eie ma se bloed
Die klowe word pers
en die hange drup rooi
‘n renoster se horing
met ‘n panga weggeroof
Die wreedheid
en brutaliteit
is dit die prys
van goud werd?
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie treffend geskryf, Palet. Goeie sosiale Kommentaar :-)