KATEGORIE — Oor WOORDE (volk/nasie, mens/persoon)
KATEGORIE: Oor WOORDe Ek was altyd streng in my kritiek oor hoe dié taal, wat ek liefgekry en aangeneem het, gepraat en geskryf word. Meer as my halwe lewe het ek nou in Duitsland verbring, en ek het beleef hoe ‘n ou kultuurtaal met krag en tradisie deur die voorheersende Amerikaans geteister word. En hoe, […]
Ek hoor jou
Ek hoor jou nog maar ek luister nie jy raak my aan ek voel jou nie Jou perfekte hande streel my nie aanplak trane skeel my nie Jou hartseer stories raak my nie Jou heimwee hart traak my nie. Stil, die valse deuntjies wat jy sing Stik aan die leuens wat jy opkook! Soos tyd […]
Teken van Genade
Wolke vorm in ‘n wasem, vol hoop en lewenskrag skep die heelal sy asem; wag angstig op Sy krag. Kalm is wind se gewaai wat aanhoudend bly kla; weg is die ewige lawaai oor die las wat hulle dra. Aarde se dorstige stem, soekende na verlossing sny soos ‘n mes se lem, smeek in verwondering. […]
Agter geslote deure
Agter geslote deure van hul volmaakde bestaan dreun die harde woorde wat deur haar menswees slaan Haar selfbeeld is stukkend haar menswees, net ń hopie as haar oë net ń herinniring van die sonskyn wie sy was Hy slaan nie met die vuis nie maar moker met die tong sy woning níé haar huis nie […]
vleesloos
Saluut aan hom in wie die gees triomfeer, aan hóm wat nooit op sy liggaam roem nie – wie sy wese anker in gister se spore, sy môre visioen vér verby dié wat hom eer. Hy lewe met hart en siel, hoop sonder vrees of perke. Oorwinning medalje op sy bors, verlies kom tot krag […]
WERKGEWER of WERKNEMER?
Wie is die WERKNEMER, wie die WERKGEWER? Ek kom spit jou tuin om, daarby GEE ek drie ure van my (werk-)tyd aan jou af, en jy NEEM my werk aan. Ek gee WERK, en jy gee (hopelik ‘n toepaslike) loon of BELONING in ruil. Anders moes jy self gewerk het. ☼ Was dit nie vir […]
Die DAME SHONAGON se KOPKUSSINGBOEK
Die Dame Shonagon se Kopkussingboek Die Keiser het die Keiserin in haar kamervlug besoek, en sy diener het agter hom aan ‘n stapel papier gedra. Dit was ‘n swaar las en het bestaan uit ‘n pak vars nuwe bloeiselwit papier wat ‘n ambassadeur hom as aantreegeskenk gebring het. „Majesteit,” het hy gesê, „Skattie, ek het […]
SY gal loop oor . . . ?
Hoor jy hulle kla in die nanag se koue of huil as die sonstrale hulle ontwyk? Kyk, gebonde met wanhoop se toue, is dit na Hom, na wie hulle uitreik! In die aangesig van dreigende gevaar, blind saam gebondel in die stille nag; weet hulle, Hy sal Hom by hulle skaar, terwyl die duiwel hulle […]
Oppergesag
‘Ek wil nie aanbid word nie…’ fluister die jong vrou aan die hoof van die tafel terwyl sy na haar weerkaatsing in die glimmende hout staar. ‘Ek wil verskrik!’ Wind ruis deur die vertrek en waai al die geskenke weg. Almal sit regop; niemand durf na haar kyk nie. Alhoewel hulle haar bemin omdat sy […]