RESENSIE: Peertert met Laventel, die film
[Eerste uitgawe 5e. Mei 2016] Peertert met Laventel, die film Was maak mens? Alles wat jy aanpak loop skeef: Jou man het nie alte lank gelede nie gesterf, die bome in jou appelkoosboord is oud en dra nie meer so goed nie, die kinders word groot maar is nie juis behulpsaam nie, die huis is […]
NAWEEK: Jubileer
NAWEEK: Jubileer ☼ Op die onmoontlikste plekke vind mens wysheidsdruppels. Byvoorbeeld op ‘n suikerbeker uit keramiek (steengoed) midde-in die deurmekaar op ‘n tafel met eetgoed. Op ‘n koffietafel met reste van ontbyt . . . en gisteraand se aandete ook nog. Daar staan so ‘n oulike blou paaseier – en as jy naderkyk is dit […]
Digter
Woorde soos dié het my omtower êrens in ‘n ewigheid verban na die waters van Bethesda waar letters soos engelvlerke om my flap; my tydloos horison oor ‘n ewenaar van enigmas. Selfs in die nanag dwaal my gedagtes om die smal poorte van woorde om halfrym en volrym tot verse te vorm. Woorde soos dié […]
Môre is nog n dag
Sekondes tik ongeduldig ure stap verby soos blits ‘wyl ons in annerdag se skadu’s nog slaap nog sluimer nog tyd verkwis. Deur die klankgrens van verlore tyd, vlieg kosbare jare voor jou oë verby Later kom spyt jou van agter met die stiegriem by oor wat jy gedoen of dalk nié gedoen het nie. En […]
Heilige ibis*
Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – dáár waar […]
BYDRAES na tema gesorteer — MEI 2017
MEI 2017 BYDRAES na tema gesorteer Van die kategorië wat ek wil gebruik, staan sommiges al: Daar het reeds ‘n paar nuwes daartoe gekom. TAALSPELETJIES EN TAALOPSTELLE TAALSPELE soos my AGTERSTEVOORSTAALTJIES Kolskoot, Skepdrie en Skilderprys. . . en dan spele met die MOONTLIKHEIDSVORME (Moontlik is Alles). . . asook SIRKELVORMIGWEDERKERENDVERHALE . . . en andere. […]
TIER en KAT
TIER en KAT Tier het Kat betrap – letterlik – en hou haar vas onder sy swaar kloupoot. „Vir my is jy ‘n klitse-klein happie: lekker, maar min. Ek kan jou loslaat as ek wil. Daar’s ‘n voorwaarde.” „Watse voorwaarde?” vra Kat. „Jy is ‘n uitstekende jagter en ek nie, menige aand moet ek honger […]
Die hemel het geval
Opgekrul onder ‘n warm kombers, met rumatiek in heupe en vingers en ‘n sopie om die pyn te vervang; daar het die koue hom vasgevang. Smagtend na lekker rooibos tee, om koukoors, wat bewerasie gee, te verja tot waar warmte ontstaan; daar waar die koue heel vergaan. Die diepe verlange na ‘n sonnetjie in die […]
Net Reg
Sy glimlag vir die soveelste keer, haar oë net-net té kalm soos sy luister na haar dogtertjie se dag by die kleuterskool. Die vyf-jarige babbel oor alles van die oggend se saam-lees storie tot die middagete van harde macaroni-en-kaas. Dis elke dag dieselfde ding, die kos wat óf hard óf droog óf koud is. “Jiggie” […]
Kat en Hond
Bytende blaf vervang rustige rus in die son; strelende wind gemaal word vies na verlang. Vlieënde voëls vlug, fladderende vlerke; skreeuende, verward, is hulle in weg vlug. Huilende in hul vrees gevulde ontsnapping; soekende hardloop hul rond, heel bedees. Blaffende byt hulle lug en storm nader; vlug moet hulle nou hier kom hul einde. 02/05/2017 […]