Jongste aktiwiteit:

TIER en KAT

TIER en KAT

Tier het Kat betrap – letterlik – en hou haar vas onder sy swaar kloupoot.

„Vir my is jy ‘n klitse-klein happie: lekker, maar min. Ek kan jou loslaat as ek wil. Daar’s ‘n voorwaarde.”

„Watse voorwaarde?” vra Kat.

„Jy is ‘n uitstekende jagter en ek nie, menige aand moet ek honger gaan slaap. Ek laat jou los as jy my bybring hoe om te jag.”

„Akkoord!”

En so bring Kat Tier die kuns van die jag by. Eekhorinkie het dit gesien en het by die volgende vergadering berig: Kat het hom gewys hoe om hom te duk en luidloos deur die gras te sluip; om nie sy dik pote op takkies te sit wat kan kraak nie; baie meer. Die diere was natuurlik ontset, en het Kat beveel om in hulle geregshoof te verskyn.

Nadat die aanklagte gelees is en Eekhorinkie getuienis afgelê het, mag Kat haar verdedig.
„Dis waar wat Eekhorinkie sê, maar daar is één ietsie wat ek Tier nie bygebring het nie: Dat hy nie met sy stert so heftig mag piets wanneer hy aansluip nie.”

[Uit Oos-Asië]

Kopiereg.(slegs hierdie weergawe)16e.Mei2017…ööÔöö………………………………………………………………….tje




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed