Eens… Voorwoord/Flapteks
Sterflinge kan nie die sluier tussen die mensewêreld en Feërie sien nie, tensy hulle genooi word – of ekstra begaafd is. Vir eeue al word Mens en Feë van mekaar geskei, want niks goed kom van hulle saamkuiery nie. Die versameling van Die Avonture van Saphira die Feetjie Hond is bewys hiervan.
Maar daar is magiese gediertes wat nie kant kies nie.
Drake is sulke gediertes. Hulle hou al die kennis van beide wêrelde. En party maak dit selfs bymekaar in geskrewe vorm waar hulle dit veilig hou in hul houplekke.
‘n Nuuskierige half-Fee het in ‘n Draak, wat beroemd is vir sy versameling boeke, se houplek ingebreek. Die kennis wat sy gevind het is net te veel om vir haarself te hou…
Verhale, mites en legendes van Feërie. Party klink verrassend dieselfde as legendes van sterflinge. Terwyl ander, wel, so onaards is soos die Feë.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.