SOOS EK ONTHOU.
Mamma,mamma,jy’s dood…….jy’s weg.
Ek,nog bitter klein,skaars ge-pottietrain.
Pappa,pappa,waar is jy…..ek soek net n drukkie.
Ek sien pappa dronk op die bed met nsigaret.
Skielik!voor my stiefma Max.
Min geweet sy’s n heks.
O.. .die reuk van lieberstein en soetsuur reuk van brandewyn en wyn.
My elkedag in..en dag uit…my pa se tiseshoes.
Paopa,waarom so baie trek
nege keer in so n kort tydperk.
Ma Max waar is my fiets
Nee kind,ek het dit verkoop vir drank.
Pappa,waar is Wagter,my hond.
nee kind,ek moes hom weggee,geen geld.
Pappa!waarom luister pappa nie!!
as ek kla oor stiefma heks!!
Koshuis was my voorland
Jy,s mos n ander vrou se kind”en pa stem saam.Aggenee pappa!.
Ek hakkel reeds so baie
van al die vrees
en niks wees.
Ma heks,ek wil naweek huistoe kom.
“Neee kind jy’s nie hier welkom”
Die koshuis is my huis-my kinderhuis.
Neef Constand,danki vir die hulp tot matriek.
Pappa,stiefma Max
Ek het julle vergewe
10×7….maar nog nie 70×7.
Pappa God
Help my,om te vergewe
SEWENTIG MAAL SEWE!!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dit is darem 'n baie hartseer verhaal hierdie, sjoe.