vleesloos
Saluut aan hom
in wie die gees triomfeer,
aan hóm wat nooit
op sy liggaam roem nie –
wie sy wese anker
in gister se spore,
sy môre visioen
vér verby dié wat hom eer.
Hy lewe met hart en siel,
hoop sonder vrees of perke.
Oorwinning medalje op sy bors,
verlies kom tot krag in sy vlerke.
© Carma Shaw
6 April 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.