Tracy het nie n huis nie
Tracy het nie ʼn huis nie…
Die Sondag aand bring ons terug huis toe. Soos elke ander keer. Die kinders is honger en almal is half besig met sy eie Sondag blou.
Ons ry verby ʼn verligte stoep waar die boemelaars reg maak vir die nag.
In die verby ry sien ek ʼn roesbruin krul kop wat nie pas tussen die vuil komberse nie.
Vergewe my, dink ek, vir wat ek vanaand besluit, namens jou, vrou. Dat jy nie hier pas nie.
Ek stap oor die pad. Kniel by die bondel mens wat lê in die straat… “Hey girl” se ek. Sy lig haar krulkop. Sy sit regop en kyk my binne in my oë. Skielik het ek niks om vir die vrou te se nie.
“Wat is jou naam”, vra sy. “Yolande, en joune”? “Tracy” se sy.
“Hoekom”? vra ek. “Dis al wat ek het” se sy….
“Hoe oud is jy” vra ek. “Twee en veertig”, se sy. “Jy”? “Een en veertig” se ek.
Haar oë pylreguit in myne. Ek is die skaam een. Ek probeer naarstigtelik uit my bevooroordeelde white picket fence attitude uitkom.
“Tik” se sy… ag maande se tik en dagga.” Maar nou is ek okay. Regtig ek is”.
Meer was daar. ʼn Paar minute se vrae. Al wat ek mee kon af eindig was “wat het jy nou nodig Tracy”?
“Koffie, dis al”, se sy.
My kinders se hande en myne het gesoek vir enige iets ekstra in die huis. .
Tracy het gewag op die stoep. Krulle natgereën en met die een bietjie hoop dat ek sou terugkom.
Ons het alles gepak in ʼn mooi sak. Haar vraag? “Hoe en waar gee ek jou sak vir jou terug”?
“Jy hou dit”.
Ons groet. Haar klere ruik skoon.
“Jy hou nooit ophou glo nie okay”?
Sy smile.
“Lekker slaap Tracy”.
“Lekker slaap Yolande”.
Soms op ʼn reën aand kry mens ʼn suster by. Een wat jy nooit weer sien nie en wat more uit eie keuse haar beenhare in die Bergrivier skeer.
3 Kommentare
-
Kiekies
Wonderlik!!! Seer....benoud......pragtig tog!! Ek wonder waar Tracy vandag is?
-
Manna
Sjoe. Daar is so baie seer daar buite en dis so moeilik om te onderskei wie om te help. Mooi geskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
'n Hartstorie. Mooi. Ek hou van sulke stories. Dit bewys dat ons nog mens is ten spyte van alles wat altyd so verkeerd en onmoontlik voel :-)