Jongste aktiwiteit:

Vrede wil genooi wees

Waar lê Vrede? Iewers in ʼn boek? In ʼn terugdink of ʼn lewensles? Vrede kom op sy tyd aangestap. Soms half sleepvoet en sku.
Tot jy hom herken of liewer erken in ʼn …oggend reuk, of in ʼn kind se beste probeer, net vir sy Ma.
Dalk in jou eie tuin se pienk roos wat skaam uit tyd blom, of in ʼn stemmetjie in die nag wat vaak fluister…”raai hoe lief is ekke vir jou”?
Ek het vir Vrede lank terug al genooi om in my huis te kom bly. Dit het teruggekom “return to sender”, maar ek het aanhou soek vir sy adres. My baie lewens posgeld gekos.
Tot eendag wat groen weer groen raak en lelik op sy moer kry toe kom purr vrede soos ʼn melkbek kat by my voete.
Vrede se vir my. “Jy moes leer om te se: Fok dit”! Sommer net so:”Jy moes leer mense is feilbare wesens, en jy ook”.
Toe vra Vrede vir my of hy in my oë kan kom lê. Toe se ek ja, want Vrede-oë sien beter.




5 Kommentare

  • Viooltjie

    Ek dink jy is reg, vrede oe sien beter :-) goeie bydrae

  • Palet

    Vrede...baie mooi uitgebeeld

  • Koekekranka

    Ons soek maar almal na vrede, maar meestal ontglip dit mens omdat ons dalkies vergeet dat dit slegs in die liefde van I Kor. 13 getap kan word... "n Diep werkie!

  • Eduard Smith

    Waar verbloem vrede haarself; iewers in 'n boek; in 'n terugdink of 'n lewensles? Alhoewel ek van die sentimente hierin hou, en ek dink jy spreek die onderwerp mooi aan, dink ek tog dat die woordorde en woordkeuses dalk heroorweeg kan word. Ek het so bietjie gekrap om jou te wys hoe dit maklik geredigeer kan word. Sien hieronder: Vrede kom egter op haar tyd en meernog, soms sleepvoet en sku. Tot jy haar herken of liewer erken in 'n oggendreuk of in 'n kind se beste poging, nét vir sy ma. Dalk versteek sy haarself in jou tuin se pienkroos wat skaam uit tyd blom, of in 'n stemmetjie in die nag wat vaak fluister: ”Raai hoe lief is ekke vir jou”? Ek het vrede lank terug al genooi om in my huis te kom bly. Alhoewel sy terug is, het ek aanhou soek na die adres, en dit het baie lewens posgeld gekos. ens. ens. ens.

  • neels

    Treffende werk

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed