Jongste aktiwiteit:

ZELDA HFSTK 13

Die paar dae tot hulle troudag is n besige tydperk om alles gereël te kry. Rosa en Zelda is heeldag bedags besig met reëlings en Manuel neem Maria en oupa bedags op besigtings toere die wêreld vol. Dit is saans wat daar tot laat gekuier word maar die Vrydagaand voor die troue vertrek almal vroeg gastehuis toe om Zelda en Rosa alleen te laat. Gelukkig is Charmaine goed genoeg om die winkel te hanteer.

Manuel het Sharon gaan groet en het hulle n rukkie gesels en sien hulle mekaar eers weer op die troudag.

Die troue is drie uur die middag. Andries is opgekommandeer om troukar te ry met sy bloedrooi antieke Chevrolet Impala met wit leerbekleedsels. Hy is ook kameraman vir die dag om die groot dag op film te verewig.

Paul se mense kom die middag so half drie by die kerk aan en ontmoet hulle Zelda se mense, dit is behalwe Rosa, vir die eerste keer. Paul se pa en Manuel erken mekaar dadelik van daardie jare af en is dit of n ou broederskap weer vlam.
Die kerk is redelik vol mense wat hierdie dag met hulle wil deel want Zelda het in die paar maande wat sy op Vaalbos is n redelike gewilde persoon geword.

Vir die eerste keer ontmoet Paul Sharon se vriend toe sy hom aan Paul voostel: “Paul dit is nou Koos du Plessis, n boer daar uit Koppies se wêreld uit wat ek mee bevriend geraak het”.

Paul besluit sommer dadelik dat hy van die groot forse man hou maar is daar nie meer werklik tyd vir gesels nie, hulle moet ingaan.

Drie uur kom en gaan en geen teken van Zelda nie. Paul begin al erg op sy senuwees raak maar dan herinner sy swaer, wat strooijonker is, vriendelik dat dit die bruid se voorreg is om laat te kom.

Kwart oor drie stop die rooi Chev voor die kerk tot almal se verligting. Manuel staan by die deur, geklee in n donker pak, en wag om Zelda die kerk in te bring.

Toe sy die kerk instap om aan Manuel se arm te hak begin die troumars speel. Haar spierwit trourok met die lang sleep en sluier oor die gesig is asemrowend mooi met die fyn kralewerk oor die bors. Dit lyk nie of sy die gang afstap nie, dit lyk asof sy sweef.

Rosa is geklee in n sperwit rok wat tot op die voete is en is daar min te kies tussen die twee susters maar die bruid is die ster tussen die twee susters vandag.

Paul stap vorentoe, Manuel lig die sluier van sy dogter se gesig af en gee haar af aan Paul met n soen.

Die predikant gaan voort met die seremonie en is dit toe hulle die huweliksregister teken, met Manuel en Paul se pa as getuienis wat Zelda n oomblik huiwer voordat sy teken en dan kom daar trane in haar oë as sy sê; “Die laaste keer wat ek my naam as De la Rocha teken. Vandag sterf Zelda De la Rocha en Zelda Marais gaan nou verder in die lewe”.

Die onthaal is in n saal by die rivier. Toe die bruidspaar voor die deur stop speel die plaaslike orkes alreeds en die mense sit al aan die tafels. Almal staan op en klap hande toe hulle deurstap na die hooftafel toe waar hulle tussen Manuel, Maria, Sharon en haar vriend met Paul se ouers aan die anderkant gaan sit. Andries is die seremoniemeester en kwyt hom goed van sy taak. Die gehoor word opgekikker met n paar kwinkslae en die heildronk ingestel waarna Paul aan die woord gestel word.

Hy het nie veel te sê nie en bedank net almal wat die wonderlike dag met hulle deel en dan word hy in elk geval so dood gesing dat hy nie n woord kan uitkry nie. Toe die stilte toesak stel Andries vir Zelda aan die woord wat ook graag vir hulle iets vertel.

Zelda staan op en bedank al die mense wat daar is. Sy sluit af met: “Vir n weesdogter wat al die jare nagte in die weeshuis omgehuil het is dit n groot dag hierdie in my lewe en ek moet my man en julle almal dankie sê vir hierdie dag.

Vir my mense daar van verre Spanje kan ek net baie dankie sê dat julle hier is om my dag volmaak te maak en my die gelukkigste vrou op aarde te maak”.

Die huweliksfees is uit die boonste rakke en die kos van die beste. Die spysenier het groot moeite gedoen om te verseker dat daar alles gedoen is om hierdie dag onvergeetlik vir almal te maak. Die tafels is keurig gedek en ryklik versier met blomme en kerse.
Pakkies met stukkies troukoek is by elke bord neersgesit en die troukoek lyk te pragtig. Wit versier met n man en n vrou in n trourok op die koek, lewensgetrou gemaak om soos Paul en Zelda te lyk.

Voordat die trou koek gesny word word dit versigtig afgehaal en vir Zelda gegee om as nagedagtenis te bewaar. Saam met haar helpers verseker die spysenier dat die gaste uit die boeke uit bedien word.

Na die ete is dit Paul se voorreg om die dansbaan saam met sy vrou te open en sweef hulle weg oor die dansvloer op die vrolike maat van Strauss se Blou Donou wat vinnig deur die orkes opgevolg word met Suikerbossie en die kalfiewals.

Arme Zelda kan nie bybly nie want almal wil n dans inkry met die bruid en aul dans maar so om die beurt met Maria, Sharon en Rosa tot hulle wegloop huis toe om Zelda ander klere te laat aantrek. Daarna is hulle weer terug om verder saam die onthaal te geniet.

Hulle kom laat in die bed en voel dit of hulle skaars aan die slaap geraak het en hulle wakker gemaak word deur Rosa wat klaar aangetrek is want hulle vlieg vandag terug Spanje toe. Dit is ook vroeg wat die Mercedes voor die deur stop. Daar word haastig gegroet en gee dit weer n hele tranedal af as Zelda haar mense groet voordat hulle in die pad val Lanseria toe.

Net nadat al die mense weg is draai Paul na Zelda toe, neem haar in sy arms en fluister in haar oor: “Nou my vrou gaan ons ook op vakansie. Ek het vir ons plek in n gastehuis daar in die Laeveld bespreek, “Natures Heaven” plek waar ek baie gekom het in my swerfjare deur die bosse”.

Zelda druk haar kop teen Paul se bors vas: “Waow dit gaan lekker wees my man. Ek het nog niks gepak nie so jy sal my bietjie kans moet gee om te pak”.

“Ek moet self nog die kamptoerusting en alles laai my vrou. Ek het nog niks gelaai nie want ek was bang jy kom iets agter en dit is veronderstel om n verassing vir jou te wees. Jy moet gou vir jou gaan bosklere koop daar by klerewinkel”.

Dit word n bedrywige dag maar teen die aand is hulle klaar gepak en reg vir die pad die volgende oggend om vroeg pad te vat.

Zelda kry darem kans om haar dagboek nader te trek terwyl Paul nog aan die pak is: “Liewe dagboek. Ek is vandag die gelukkigste vrou op aarde. Ja dagboek ek is nou mevrou Marais en ons het n sprokiestroue gehad gister. Wat vir my die hoogtepunt was was dat my mense al die moeite gedoen het om van verre Spanje af te kom vir my troue. Dagboek ek hoop ek raak gou swanger want dan sal my laaste droom van n kind van my eie te hê om te kan bederf en te kan gee wat ek nie gehad het nie vervul word.

Dagboek ek het my belofte aan myself dat my liggaam net aan my man sal behoort nagekom, danksy Paul se geduld met my maar vanaand is die aand wat ek hom n liefdesnag soos min gaan gee, Ons was gisteraand te moeg daarvoor.

Dagboek dankie dat ek alles deur die jare met jou kon deel en raai wat? Ons gaan in die Bosveld uitkamp vir ons wittebrood. Ek sien verskriklik uit daarna en natuurlik gaan jy saam”.

Nadat hulle ma Sharon gou gaan groet het en weer by die huis kom is hulle skaars by die huis of Zelda neem Paul in haar arms, knibbel sy ore, soen hom vuriglik en dan fluister sy in sy oor: “Ou grote, vanaand is die aand wat ek die wag vir jou die moeite werd gaan maak. Gaan stort gou, klim in die bed en dan wag jy net daar vir my om ook gou te gaan stort en my reg te maak vir jou vir die nag.

Paul wag nie lank nie of Zelda verskyn in die kamerdeur, net in haar kamerjas geklee. Sy kom staan voor die bed en maak die kamerjas los. Stadig laat sy dit oor haar skouers gly om naak voor Paul te staan. Sy oë kom vir n paar oomblikke op haar vol ferm borste tot rus en dan is sy op hom: “Vir hierdie aand wag ons lank ou Grote. Ek gaan jou vanaand n liefdesaand uit die boeke gee”, fluister sy in sy oor terwyl haar hande sy liggaam begin verken. Paul se hande begin oor haar gly en begin hulle liefkosings al intenser word tot hulle in volle oorgawe aan mekaar hulleself in die liefde verdrink.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed