JOSEF IN DIE PUT
Gen.37:23-28
O Here, hoe kom ek
hier uit?
Die wande’s glad
en steil
en hoog.
Ek klouter,
gly en
val.
‘k Sal
weer probeer.
Ek moet
hier uit!
Daarbo’s die lig!
Ek klouter,
gly
en val.
‘k Sal
wéér probeer.
Verniet.
Uitasem,
magt’loos,
bly ek maar
net
sit.
O Here, hoor my klag!
Stuur uitkoms, Heer!
Is dit waar my kort lewe eindig –
hier?
Daar’s stemme!
Vreemde én
bekende stemme.
Dan ‘n kop.
Twee arms.
‘n Tou.
Verlossing
het gekom!
4 Kommentare
-
Viooltjie
Soms moet mens maar net geduldig wag, al is dit baie moeilik. Goed gedoen :-)
-
Palet
Mooi gepen.. daar's lig daarbo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Uitkoms is altyd in sig, mens sien dit net nie altyd raak nie. Goed gepen.