
Rypskade
soms word ons woes
deur lewenswind gebuig
met kronkelkrom stingel
draai ons gebukkend
boggelrug op mekaar
besigtig sorgvuldig
die neon- lentekleur
wat gesigte openbaar
word nie so geflous
want diep daarbinne
vreet wurms dalk klaar
gee geel geurig’ roos
uit God se eie pragtuin
sny skerp dorings stomp
so sal jy dan ook vind
dit bring opregte troos
sprei ’n donskombers
oor rypskade aangerig
spog nie met eie bloeisels
maar let sorgvuldig op
na krom knakke en kneuse
in ander se stam en blom
8 Kommentare
-
-
Koekekranka
Ons is te gou om te oordeel nieteenstaande die uitdruklike vermaning om die oordeel aan God en God alleen oor te laat. So waar wat jy deurgee en dit kom maar weer net neer op liefde vir ons naaste en minder word in onsself, nie waar nie? Mooi bly!
-
neels
Winter ryp is so noodsaalike deel van die natuur se siklus al hou ons nie daarvan nie
-
Arnold
Ja, wie sy eie beul blaas het nie vêr in die lewe gekom nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Janetta-Helena Boonzaaier
Dis so waar Evelyn, die kern is meestal verborge, en die plant nie so gesond as wat dit lyk nie! So gaan dit mos maar met karakter ook , jy sien voor die kop maar nie in die krop! 'n Mooi gedig, en ja, ek skryf ook maar vir my plesier!