Jongste aktiwiteit:

Dwarse, bitter see

Ek sou graag
jou gedagtes wou
kom haal
en sag te vee tot diep
in die dwarse, bitter see

Jy’t die wind omgepraat
op hierdie winters’aand
en die maan se silwer maanhart
skitter soos dit saggies saam
die branders dans

Waar dit voor en agter kantel
oor die bloue vlaktes
dit dof en loom
gaan lӗ
in my sonnedroom




6 Kommentare

  • Evelyn van der Merwe

    Voortreflike beskrywende slot.

  • Eduard Smith

    Ek sou graag jou gedagtes wou kom haal en sag te vee tot diep in die dwarse, bitter see Jy’t die wind omgepraat op hierdie wintersaand en die maan se silwerhart skitter soos dit saggies saam die branders dans Waar dit voor en agter kantel oor die bloue vlaktes dit dof en loom in my sonnedroom gaan lê Jou gedig is baie mooi. Ek sou die bogenoemde voorstel, indien jy dit wil oorweeg. Die herhaling van 'maan' byvoorbeeld in een sin is steurend waar die tweede met gemak weggelaat kan word sonder om veel aan die betekenis van jou vers te verander. Ook, soos hierbo gewys, sou ek die laaste twee sinne omdraai om die 'sagtheid' van 'lê' te gebruik om die vers te sluit. Daar is ook klein ander veranderingsvoorstelle wat jy kan oorweeg sou jy wou. Die woordkeuses in jou vers in pragtig en ek dink met vorrtdurende oefening kan jy jouself ontwikkel om 'n gerekende digter te word. Hou so aan!

  • Janetta-Helena Boonzaaier

    Palet jou gedig is vir my baie mooi soos dit daar staan, en moet jou nie laat ontmoedig deur kritiek wat omtrent jou hele gedig oorskrywe nie, wat jy skrywe is wat in jou hart is!

  • Anze

    baie mooi gedig, ek het baie groot agting vir Eduard se letterkundige agtergrond en se ook dankie vir die kennis wat hy bereid is om met ons ander te deel

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed