Jongste aktiwiteit:

Die Muse Het Gaan Kuier

Die Muse Het Gaan Kuier

Die Muse het agter die son aan getrek
en kuier iewers in die noordelike halfrond—
die regte letters word gekies en gekeur maar
die bevrore woorde wil nie vorm anneem
nie en het betekenisloos verstar en laat die
gedagtes ontvlug in los deurmekaar letters
om latent te lê en wag dat die natuur
‘n bietjie ontdooi en die ysigheid afskud
sodat woorde en gedagtes mekaar weer vind
om die winter se warboel reg te skud en
die Muse terugkeer na die suidelike halfrond
om die gedagtes weer te stimuleer—

Janetta – Helena [Babs]©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed