Lappies
“Ek sê ek sê naand daar my Pêl!
Hoe lyk’it nou in djou se vel?”
“Ag neiwat, hiersô bakgat reg
solank my Dolla langs my lêg!”
(Maar koutes bly sy kaaltes knyp
as wind die lappiessinke gryp.
Dan wiet hy mos hy’s weggooigoed
al loep hy brêk met veer in hoed;
want sawends leg hy Huilwind-in
en droom van Miet van Kleinbegin.
Hoe dáárie vers daai heupies swaai
maak mos sy kop soos dronkword draai!)
“Pêl, om te moan help boggerôl
want moan is just like honnedrol:
Bruin en blink as die hond dit skyt
en more? Wit soos oulap-spyt!”
(Hy droom nog steeds van Wakkerstroom
se groengras en daai wilgerboom
maar as dagbreek kom dan lêg hy krom
van Yswind wat deur skeure kom…)
8 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Hoe lekker lê hy "oppi" tong.
-
Ronel Janse van Vuuren
Goeie ritme. Hou van die teenstellings.
-
Anze
ai maar hierdie gedig le sommer lekker op die tong en oor.. pragtig gepen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Winter nostalgie projek