trane
my duin is vanoggend nat
trane van miswolke biggel oor die sand
digte mis bedek die mooi van die golwende see
geluide kom effens gedemp oor die windjie aan
in hierdie laaste dae van oumens lewens
dink jy terug aan al die mooi en hartseer
is jy dankbaar vir ‘n lang en vol lewe
geen verwyte oor mislukkings
net trane van geluk
trane wat sade
vorm
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.