Jongste aktiwiteit:

‘N PLEISTER VIR MY HART

‘N PLEISTER VIR MY HART

Toe jou oë vir ‘n oomblik wegkyk uit die gedenkalbum van onthou
…..steel ek jou hartsbewegingslyn
En maak daarmee vir my ‘n padkaart na jou wees
My kaal-voetspore wasem woordeloos onder die stil hunkering van jou asem
…. Maar dit bly my ontwyk.
Ek speel wegkruipertjie in die onbevange labirinte van jou siel
Raak wegverdwaal in die slentergang van voetpaadjies wat eers ons s’n was.
…. Maar dit bly my ontwyk.
Ek vertoef vir ‘n ewige oomblik by die padstal van jou gees
Koop vir my spookasem;
en ‘n lucky packet
Maar dis ook nie daar nie
…. Net ‘n tjoklit in blink papier
En ‘n plastiek ring
Maar waar kan dit dan tog wees…
Daai pleister vir my hart?!

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en los altyd spasie binne-in jou hart vir die engele om te dans.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed