Jongste aktiwiteit:

vrot

met tyd vrot blare en stokkies
word kunsmis vir die grond en plante
miswurms en erdwurms help verder
is natuur se proses van herlewing
wanneer vrot van buite gebeur
kan dit ‘n erge siekte wees
kern vrot is baie erger
soos ongeneeslike kanker
in die siel van die mens
kern vrot verteer
waardes en norme
wat vir eeue bly staan het
in onbruikbare verrotte materie
wat vir niemand goed kan wees
nie eens die eienaar daarvan
dit versprei soos veldbrand
dit dra onwelriekende
vrugte wat niemand
aantrek – behalwe
die brommers
van die
lewe

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed