Tuinwerk
moeder plante staan
skraal in eie plek
waar skipbreuklinge
eksoties helder blom
sweet onkruid uit
op tuinier se rug
van vlak skoffel
en halfhartig spit
die werk lyk misplaas
as blomme taan
en die plante neerslaan
die werk is ook nooit klaar
voel die vuil
deur jou vingers spoel
dit stroop duur room
vermeng dit in gemene grond
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.