Jongste aktiwiteit:

Vrousoek

jy is so kortaf met my
waar kom jou kwaai houding vandaan
skool maak dan altyd jou hartjie bly
ek kan dit glad nie verstaan

Sarie, se ma het ‘n baba gekry
dit maak my sommer vies
‘n boetie om haar hart te verbly
‘n maatjie om haar oor te verknies

‘n alleenkind was jy nog altyd
en nog nooit het jy gekla
nou is ek baie spyt
dat ek alleen die las moet dra

ek soek ‘n boetie vir boomklim
maar ek is mal oor popspeel
dalk eerder ‘n sussie want ons is so slim
‘n boetie sal my dalk net verveel

dit wat jy vra
kan ek nie vir jou gee
ek het ‘n vrou nodig om my ring te dra
sodat ons vir jou ‘n baba kan gee

dis maklik, pa
gaan google op die internet
daar is baie vrouens om te vra
en dis vet pret

nee, sy moet darem van ons albei hou
en nog kinders ook wil hê
iemand wat ek met my hart kan vertrou
anders gaan ons ‘n harde les opsê

ja, asseblief tog net nie dit
ek soek nie ‘n stiefma soos Aspoester
wat my wil besit
dan trek ek eerder na Worcerster

ek soek ‘n vrou
om ons lief te hê
iemand om mee te trou
en nie net een wat in my geld wil belê

ek weet, neem deel aan Boer soek ‘n vrou
want hierdie boer dra tog die broek
moenie worry nie, pa kan my met die sakie vertrou
ek sal pa help vrousoek

©Jessica Venter
14/10/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed