Jongste aktiwiteit:

Ware Klere

die baadjie pas nie
op elke skouer nie,
oom en tannie sê ervaring
geleerde verwys na
eeue se opgeskrewe filosofië

youtube met glansende taal
en goed versorgte gepakkette
deur mooi gemaakte gesigte
oortuig dat dit…
die beste klere is

in besige verkeer
ouers met skreeuende kind
tienerkind wat na ń hero hunker
verwerk ervarings
om nou te leef.

in skadu van voorgeslag gene
bly die padwysers
ongeag al die slag gate,
eie waardes ongeag die kleed
wat hul oor ons lê.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed