Jongste aktiwiteit:

Weswaarts (1)

Weswaarts

In die geel najaar
plant ek ‘n hemelboom,
soos ‘n neut breek ek die bruin aarde oop.

‘n Onsigbare hand met ‘n donker flits
lig die skaduwee van my breërandhoed
op en af as ek die grond hark.

Ek lei koelgrys water in ‘n voor
en kyk hoe ‘n windswael
die lug met swart lyne kleur.

Sweet tap my af en selfs die son
moet weswaarts keer
na elke ander dag.

Dan klim ek my hemelboom
– takke wieg in die wind –
en skryf gedigte tot diep in die nag.

Want dít is beter
as om te sterf.

© Ernst Fernando dos Santos




6 Kommentare

  • Inkmoderator

    Ernst, dit is 'n treffende gedig wat die verhouding tussen die aarde en die natuur, en die onderhoud daarvan, pragtig beskryf. Ek het net een voorstel: (Strofe 3) Ek lei koelgrys water in ‘n voor en kyk hoe ‘n windswael die lug swart in die lyne kleur. Die kort sinnetjie aan die einde maak die ritme stomp. Ek het 'n voorstel gemaak om te sien hoe daar 'n woord of twee ingevoeg kan word, en het op die bogenoemde besluit. Oorweeg gerus en praat saam indien jy nie saam my stem nie. Dit is 'n besonders 'anderse' vers. Ek hou daarvan. Skryfgroete IM

  • Ernst

    Baie dankie IM, waardeer die tyd wat jy afstaan met my gedig. Ek verstaan wat jy bedoel en wat jy voorstel kan werk. Maar ek dink dalk is iets soos volg miskien 'n beter afronding van die beeld. Ek hoor graag wat jy dink. Ek lei koelgrys water in ‘n voor en kyk hoe ‘n windswael die lug met swart lyne kleur. (Visueel versterk dit die beeld van swart lyne soos die windswael vlieg, dit is wat ek ingedagte gehad het, nie noodwendig in die lyne kleur nie. Hoop dit maak sin en dankie weereens). Groete :)

  • Inkmoderator

    Ernst, jou keuse bly natuurlik vir my dié belangrikste - omdat dit jou 'baba' is en jy moet soog tot dit reg voel. Ek dink jou verandering is pragtig. Daardie sin het regtig net so 'n knypie sout nodig gehad en ek dink jy het dit voldoende reggekry. Ek volstaan by jou keuse. Dankie vir die interaksie. Skryfgroete IM

  • Ernst

    Baie dankie, waardeer :)

  • Inkmoderator

    Ernst, as 'n epiloog vir hierdie bespreking rondom jou vers, wil, en is ek half verplig om jou werklik geluk te wens met die deurdagte styl waarin jy jou werk skep. Dit betrek die leser omdat daar geen pretensie is nie. Jou gedagtes (alhoewel soms metafories) is duidelik en bied 'n heerlike reis deur jou kop. Ek is besonders bevoorreg om aan jou werk blootgestel te word. Skryfgroete IM

  • Ernst

    Baie dankie weereens, jou woorde val sag en ontkiem in my siel. Mooi dag :)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed