Winterboom
jou naaktheid trek die aandag
oral vind ek jou sonder jou blaredrag
die koue spierwit grysheid laat my wag
om te peins oor hoe jy jou kaal skoonheid dra as aand drag
die lipstiffie van die somer se lippe
kleef aan die rekmerke van bome se litte
boomgomtrane getuig van uitermatige liefdes snitte
spreeus wag verniet op die witmis klippe
krake in jou “nog n seisoen” oue stam
die handtekening van Vader Tyd soms wrang
geen beheer oor die vorming van n krom stam
jou karakter spreek as ek wagtend by jou staan
grof en wreed die kraak in jou stam
die vorige somer se vrug ten spyte van die vlam
met houtskool arms is jou pyn net dan en wan
konstant ten spyte van die vermoeë van die dam
potensiële groei is jou mus teen Witbaard se koue
as hy vele oggende spierwit versreëls laat geld uit die bloute
spoedig is jou sterk tak arms uitgegroei uit bas moue
en jou ogies swellend in reaksie op vriendin lente se floute
© Francois Oktober 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.