Julie 2018 – OOP projek
Beste INKers Hierdie maand is dit ‘n totale oop projek. Jy kan jou gedig, kortverhaal of rubriek inskryf wat nog altyd op die hart saamgedra het. Daar is geen voorskrifte nie. Ek is seker julle almal brand om jul eie stem te hoor sonder onnodige reëls en voorskrifte. Skryf in Afrikaans, laat die INK vloei. […]
Winter
jou koue vingers omklem my jou winterhande laat my bibber van seer jou koue asem waai deur my wese winter proe koud op my tong ‘n blokkie ys sonder smaak wat afgly In my ingewande nesmaak deur my gebeentes sny maar jy bring ook die smaak van lemoen die soet-suur herinnering van sproeireën op my […]
ken jou vyand
agter golwe stu stormwinde sterk op strand bulder en beef duineval wat lê agter jou vyandigheid vriend wat skuil agter jou beskuldigings vel waarom sien jy vyand tussen eie volk wat draal snags in jou sienersdrome waar sal ons hulp vandaan kom, Here as U ons nie reinig met U kosbare bloed ©Teárlach
SPLINTERHOUT
SPLINTERHOUT My wise-ass hart tuimel rebels deur die grense van my wees; en slenter onbevange op honger-voetpadjies wat my vrouweesgemaak al per ongeluk aspris vergeet het bestaan. Sy flenter kaalvoet deur die rou ruïnes van gister se doen en los. Speel soos ñ klein dogtertjie wegkruipertjie deur die ongetemde labrinte van my elke lewens-nuanse. Sy […]