PIET PRAAT
PIET PRAAT Piet Praat was ‘n man wat sy bek Oor alles en almal kon rek Sy stories kry stertjies Versprei sonder vlerkies Hy’t radar wat wêreldwyd strek Die leraar loer bo-oor sy bril Moet tug vir sy eie beswil Sy regter was vinnig Maar tog was dit nodig Een hou en Piet Praat is…doodstil […]
Damaged goods
We are all damaged goods Ripped apart by sin and betrayal Shattered (all over) amongst iniquity Bleeding guts and sorrow We did each other no good Although we tried our best To fit the shoe Now the time has come To set the sails And sail to new horizons Seeking our own peace and harmony […]
Pa en die maanhaar
Pa en die maanhaar, deur Stephan Uys Kyk, as jy boer is vakansies mos skaarser as hoendertande. Ek het reeds vyf hoendertande gevind voor pa ons een jaar Kruger Wildtuin toe vat vir ʼn vinnige wegbreek. Omdat niemand kon weet hoeveel hoendertande daar lê voor die volgende vakansie nie, koop Ma ʼn mik-en-druk kameratjie om […]
Liefde bewys
Liefde bewys Waar kruis uit grou-grys graniet verrys waar gebroke man aan houtkruis hang waar growwe grond Gods bloed opvang het God sy liefde aan die mens bewys. Asyn vir Sy pyn word van die hand gewys met “Dit is volbring” eindig Hy sy foltering Romein getuig Sy Godheid in stomme verwondering as God Sy […]
Ode aan my vrou
Ode aan my vrou Jou vroegoggendsoen is oggendstondgoud op my mond my siel word toegeskulp in die weelde van jou pêrelglimlag jou stem se fluistering fluweel die kamers van my hart ek proe ons ewig-saam in die heuning van jou tong. Ons elke dag se paadjieskei krater my bestaan lawarooi die magmaverlange wat diep in […]
Tog so ver
Ek kom kniel voor jou na ‘n rowwe lang stap, hier waar alles om jou groen is, en voete so pap. Ek swem in die waters, en jy was af hierdie bloed, die seerste sal maak, wanneer ek jou moet groet. Ek drink vanuit jou gees se vloeiende spruit, soos die liefde van ‘n man, […]
Namakwaland blom
In die donker van onbekende vrees staan jy eenkant en lyk benoud. Die kommer van vandag draf oor jou lyf, met angs begin die waters daai wange oorvloed. Die geroep van my naam druis oor die berge, die snik na my arms voel ek deur die grond. Die merke van my keuses sal jou nie […]