Jongste aktiwiteit:

Sprokie

Vandag se sit in ‘n sprokie, waar bome met mekaar gesels en die wind stories aan dra. Die son bak neer en die rustigheid van lag, is die kalmte oor my vel. Van oud en jong herinneringe oor lippe van goud, waar beter en meer soet, as die strate van Hazelwood? Hoe die lewe en keuses die lyne, ‘n gesig in stempel, en pyn of verdwaaldheid in ander se hart weg kruip. Die grond wat bewe my voete se vreugde sool, en musiek van vrede die drome stukkend slaan. Hier vandag het ek myself verloor en totaal en al, finaal alles weg kon toor.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed