gelukkig
wat maak jou gelukkig die doudruppel wat vroeg aan die blom stingel hang die gedruis van golwe wat jou dagbreek wakker maak wat maak jou gelukkig fisant wat ‘n nuwe dag oopbreek met sy gesang die sonstrale by dagbreek wat jou kamer venster binne kom en verlig wat maak jou gelukkig die klokkie wals wat […]
drome op my duin
diepsinnige gedagtes word soms gebou op ‘n bed van pyn of dit fisies of geestelik is maak nie eintlik saak nie so kom jou onderbewuste en gesels hy lustig saam met iemand bokant jou hy sien ‘n skuins pad teen ‘n hang ‘n stroom blanke vrouens wat van links na regs in groot getalle saam […]
Oor Pearly Beach (’n brief aan Shirley van Engeland)
Beste Shirley Ek loop vanoggend met ’n voetpad langs deur skouerhoogte strandveldbos oor gladgeskuurde klippies (deur die eeue hier gelos) tot op die wye ope strand. Ek sou ewig hier wou bly, as ek kon. Op hierdie plek waar branders sonder ophou oor die aarde breek (dié plig hul opgelê, wil hul mos teen rotse […]
silwer maan
die dag het in rooi getaan oor die horison verskyn ‘n silwer maan dan begin oë van wit huisies ook uitgaan stemme raak stiller en sagter mense sit op sagte stoele agter donker gordyne wat skrefies oop staan ©Teárlach
ja en nee
my duin het reeds geruime tyd ‘n probleem ‘n probleem wat vas skop en nie wil verdwyn oplossings is maar skaars en raad nog skaarser elke oggend stond pryk die son se rooi gloed soos altyd verskyn dit in die ooste dit sak steeds in die weste maar die Woord word elke dag vir elke […]
Vroue Tye
Ouma grootjie hande, is glad met min wat substansie gee aan die lewens brand merkies. Oë sien in ń ander tyd deur helder water van nou vergeet. Ouma hande, met versteek geseën werk weg die fustrasies van ongekende vreugdes. Oë gee glans aan die nodige en onnodige drome al is dit nou al ń bietjie […]
Limerick
‘n Ou omie het mos gewoon In die huisie van sy droom Net daar gebly o so vroom Sy hare was nooit lank Sy stem nooit hard geklank Hy het dit met blomme omsoom ©Teárlach
transito siklus
twee vlakke beweging vind plaas bo hang daar lewens in suspensie onder vind die roof nou plaas bo jag die ontsnappende voertuig onder jaag dit onverskillig voort bo skiet daar iemand na benede onder jaag dit woes verder bo skiet daar nog iemand tot dit tref onder kom voertuig tot stilstand bo hang die jagters […]