Somerpad Gras
Swart streep pad ń gladde vlek kloof die droë veld. Swyende gras wat kruip vat, vat met dun, dun vingertjies aan blitsende, bewegende kar wande. Net twee gras hamels langs die wit streep oorwin, in plasies groen teen swart smeltende vloed.
Antie met die lyf . . .
(Brons) Daar was ʼn antie met ʼn lang mooie lyf Haar grootste swakte is sy was ʼn viswyf Niks goeds sal jy hoor Net ʼn geskel in jou oor Van die môre tot die aand al wat jy hoor ʼn gekyf!
Valentynsdag gedig vir Afrikaans
1652, oor de donker zwartswater kommen Jan, de Reijer, de Dromedaris en de Goede Hoop hul bring vanuit hul moederskoot- na ‘n land van nuwe hoop sulke soettongstroop en nou my hartlam, my bok vir jou vang ek Breyten se rooiborsduif om vir jou pakkende sakrale lyf te sing en my tong sal in die […]
Bitter smaak
‘n Bitter Bessie is vol grys beloftes waar is die geuiterde troubeloftes? Nou is grom-woorde met geklemde akkoorde die moeder van alle seerkry sondes
‘n Blinde glasoog
Is geluk ‘n illusie wat verbywaai soos ‘n lente’briesie wat ruk deur jou hart en agterlaat hartseer en smart… dit is tyd vir ‘n nuwe missie
een en ander
twee gesels op my duin een sê: my lewe is ‘n lied ander sê: dit het dan nie woorde een sê: ja maar daar is darem ‘n wysie ander sê: ook maar goed, anders was daar niks twee gesels op my duin een sê: die lewe is ‘n lied ander sê: ek hoor nie woorde […]
Bacchus
(Brons) Lang Piet Jood van Hugenoot Het geboer tussen die hanepoot Toe Bacchus hom kierang Die vog hom sleg vang Die oorsaak van sy val ʼn wingerdloot
Die groen sak
(brons) Sara Vermaak trap die sole van haar skoene aan die brand. Sy loop heen en weer voor die preekstoel verby. Van die diakens se vier rye banke tot by die ouderlinge se afdeling en terug. Met elke tree se trap word die vraagteken in haar binneste groter. Wat het sy my die dekselse groen […]
ko tog huistoe
blommetjie kô tog huistoe jou pa se hart verlang na jou blommetjie strooi jou blare al die mense praat van jou blommetjie wees nie treurig reën sal wel weer kom val blommetjie luister tog mooi elke waarderende oog staar na jou blommetjie jy het geluister my hart blom en sing van jou blommetjie jou mooiste […]