Valentynsdag gedig vir Afrikaans
1652, oor de donker zwartswater
kommen Jan, de Reijer, de Dromedaris
en de Goede Hoop
hul bring vanuit hul moederskoot-
na ‘n land van nuwe hoop
sulke soettongstroop
en nou my hartlam, my bok
vir jou vang ek Breyten se rooiborsduif
om vir jou pakkende sakrale lyf te sing
en my tong sal in die middel van ‘n revolusie
jou woorde skiet en aanhou skiet
en die karmynrooi van jou wyn geniet
saam jou staan ek waar die branders breuk
en die eindelose wind ons ontbloot
in ‘n heelal vol skitterende diamante
ek is ‘n doler in jou argumente
jy is die begin en die einde,
daar is ‘n doos vol tjoklits
maar die mooiste roos-
is joune…
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.