Vroue Tye
Ouma grootjie hande,
is glad met min
wat substansie gee
aan die lewens brand merkies.
Oë sien in ń ander tyd
deur helder water
van nou vergeet.
Ouma hande,
met versteek geseën
werk weg die fustrasies
van ongekende vreugdes.
Oë gee glans
aan die nodige en
onnodige drome
al is dit nou al
ń bietjie hol.
Mamma hande,
heupe swaai glad saam
om met sekerheid vas te vat.
Oë flits oor als
om te leer hoe,
en self te ontduik.
Jong vrou hande
in die nodige kleure van naels
bly droog
na elke cocktail spul.
Oë gly blitsig
oor media podcast giere
om by te bly.
Tiener vrou hande
veë ongeerg
krul hare wat waai.
Oë trippel oor vele harte
en verklaar almal
as dienaars.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.