Daantjie Dinamiet.
Ons almal verloor soms ons humeur. Vir party vat dit net bietjie langer om te ontplof. Dit laat dink my aan ‘n spesifieke oom; Daantjie Dinamiet. Sy van was Nel, maar almal het hom geken as Daantjie Dinamiet. Hy was ‘n man met ‘n groot hart, maar met ‘n kort lont! Ek onthou nog die […]
‘n Kortsluiting.
Ek wonder baie oor ‘n kort humeur. Dit laat my dink: het jy al opgemerk dat ‘n kort humeur soos wifi werk? Hoe nader jy aan die bron kom, hoe sterker is die sein. As daardie bron gekoppel word aan ‘n honger maag, raak dit ‘n noodsein! Ek het agtergekom dat ‘n heerlike sny brood […]
blitsliefde (SILWER)
met min liefdes-woorde skryf ek vir jou snel-akoorde soos ‘n bliksemstraal in liefde se taal … ©MarleneErasmus 12/10/2023
flitsdrome (SILWER)
in stille nag fluister die wind sag drome in vlug, liefde is in die lug ©MarleneErasmus 11/10/2023
Dinge wat blink
Spore in die sand op die water se kant. Die branders rol heen en weer, En gooi goeters neer. Skatte wat blink en helder kleure wat wink laat my weer dink. Dit maak tog nie sin… Wat kan ons doen om glas en plastiek te herwin?
Geskiedenis gemaak in net vier sekondes.
Geskiedenis gemaak in net vier sekondes. In die sportwêreld van boks is uithouvermoë, strategie en geduld dikwels belangrike sleutels tot sukses. ‘n Boksgeveg wat amper minder tyd geneem het as om jou veters vas te maak, klink heel ongeloofwaardig! Die wêreld van boks het al vele kort boksgevegte beleef, maar een staan uit bo die […]
Fier (brons)
F I E R staan ek selfs in my moeë lê
Wedergeboorte
jy’t my flenterflarde wat getooiing h a n g in koestervat van jou liefdesvingers v a s g e v a n g en toe uit kuifrafels wat in my stormwind o n t s p i n behendig bestendig ʼn macrame gevlegsel as my nuwe begin Etna Wepener ©️ (Foto Pexels)
storm (Goud)
menige storm woed net só lank en is soms in ‘n oogwink verby