deur Tearlach vir Gedigte Share: verwante: Toentertyd se grootmaak proses Die Brief 10 Oktober 2023 540 gesien 0 Komentare 0hou van tortel deur alles is jy met my voor ek gaan slaap koer jy wanneer ek wakker word hoor ek jou ronde stem jou nefie, lemoenduifie vertel my soms van jou waar jy bly, en jou lewe sag sing sy stem jou lied toe ek lank moes lê en rus het jou gekoer my betower jou wyse melodieuse stem my vertel van verre lande wysgere besing jou deugde oral oor die aarde verskyn jy voor gehore klein en groot bekend tot in koningshuise ©Teárlach. Rapporteer inhoud Issue: * Kopiereg inbreuk vuil taal Ongeldige Inhoud Your Name: * Your Email: * Details: * Handig verslag Vorige volgende