Jongste aktiwiteit:

4 Seisoene gemoed

4 Seisoene Gemoed
geskryf deur Dale Penderis ©

Die seisoene van mens se gemoed
Bring soms stormwinde mee
Maar in die hawe van Sy vesting
Is waar die waters kalmte gee
Soms bak die son ook fel op ons neer
Frustrasies loop hoog en almal loop deur

Dis somer en winter selfs saam op een dag
Maar die herfs en die lente leer ons om te wag
Want seisoene kom en seisoene gaan
Met die regte gemoed raak die storms n stil oseaan

Net U, o Heer, lei ons na waters van rus
Na grasgroen weivelde waar U vrede is
Kom maak ons standvastig in ons gemoed
Om alle seisoene met dankbaarheid te begroet.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed