Jongste aktiwiteit:

Die Boemelaar

Uitgeklok aan Genade
winterkoud vuil verslete
klouend aan ou kombers
Iewers het sy lig verdwyn
tussen gevoel en lewe
uitgeklok aan genade
alleen in eensaamheid
wonder hy soms “hoekom”
waar dan so skeef gedraai
strompel hy deur strate
op soek na iets te ete
voor winkelvenster
pak hy sy bondeltjie
Koue sement vloer
opgerol in n sielestryd
oorval n diepe slaap
en hoop onbeskaamd

©Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed