Die Boemelaar
Uitgeklok aan Genade
winterkoud vuil verslete
klouend aan ou kombers
Iewers het sy lig verdwyn
tussen gevoel en lewe
uitgeklok aan genade
alleen in eensaamheid
wonder hy soms “hoekom”
waar dan so skeef gedraai
strompel hy deur strate
op soek na iets te ete
voor winkelvenster
pak hy sy bondeltjie
Koue sement vloer
opgerol in n sielestryd
oorval n diepe slaap
en hoop onbeskaamd
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.