Nooi
Die mooiste mooi
oor een se lippe
klink die woord nooi
diep uit die hart
kom dit met liefde
deur gegee aan een
wat omgee end eel
dit uiter met diepte
sag klink dit op die oor
en maak ek dit my eie
want in hart deel ons saam
die liefde aan God gewei
die refrain in woord
ook getooi in nooi
bring ver verlange
aan ‘n oupa so lief
kom druk dit op die hart
jy eintlik so naby maar
tog ook so ver verby
want net die woord nooi
word ‘n sagte melodie
uit die skadu kant
van onthou elke dag
gebring so naby in woord
weet ek op die lippe
bedoel in vingers wat wil
deur gegee met die beste
bedoeling na vore
Louisa van Vliet.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.